RAAD : Kennisgewings / Omsendbriewe
President Namibia Jukskei
NJ Direkteure
NJV Bestuur
NJ Skeidsregters Vereniging
Streek:Noorde
Streek:Sentraal
Streek:Weste
Die Dagbestuur wil graag die volgende punte van belang deurgee vir kennisname en terugvoering.
Neem asseblief kennis ten opsigte van die volgende:
Namibie Jukskei is in die jaar van die 70ste bestaansjaar en om elke streek die geleentheid te bied vir ‘n fees geleentheid is die volgende datums onderskeidelik geidentifiseer:
15 Oktober 2011 – Coen Brand Toernooi (Sentraal)
29 Oktober 2011 – Noorde Streek Kampioenskappe (Noorde)
26 November 2011 – Weste Streek Kampioenskappe (Weste)
Die volgende terugvoering word van elke streek verwag op 31 Augustus 2011:
Tydens die Coen Brand Toernooi gaan daar ‘n glans geleentheid wees waar JN sy vyf jaarlikse toekennings gaan maak. Hierdie is ‘n spesiale geleentheid waar jukskei spelers vereer gaan word op verskeie vlakke van die spel. Terugvoering ten opsigte van toekennings en watter toekennings gemaak moet en kan word sal waardeer word. Aangesien tyd ‘n bepaaldende faktor is moet hierdie voorstelle ook nie later as 31 Augustus deurgegee word nie.
Die volgende komitees is aangewys op die Algemene Jaarvergadering:
| Finansiele Komitee | Wouter Strauss (Sameroeper) Christie Horn Gert Aggenbach Frans Burden |
| Klere Komitee | Gieliana Boshoff (Sameroeper) Erik Strauss Lowrens Liebenberg Heleen Steenkamp |
| Grondwet Komitee | Willie Hanekom (Sameroeper) Dicker Gudde Lowrens Liebenberg Wouter Strauss |
Daar word `n versoek aan die sameroepers van die onderskeie komitees gerig om met hulle lede kontak te maak. Take en pligte van die onderskeie komitees is reeds aan hulle deurgegee. Daar word verwag dat komitees vergader en beplanning doen ten uitvoering van hulle take en verantwoordelikhede.
Ons wil graag vir Willie Hanekom bedank vir al sy moeite en tyd wat spandeer is om die eerste voorlopige grondwet op die tafel te plaas. Tydens die AJV is ‘n besluit geneem dat die grondwet, met ‘n spesiale jaarvergadering, tydens die Coen Brand Toernooi voorgehou gaan word vir goedkeuring. Aangeheg die voorlopige grondwet wat u asseblief deeglik moet deurwerk en enige wysigings daaraan deurgee aan Willie Hanekom voor of op 14 September 2011. Nadat alle wysiging en regstellings aangebring is sal ‘n tweede weergawe versprei word. ‘n Datum op ‘n finale dokument sal aan u deurgegee word.
Aangeheg ‘n brief met besluite van die Presidenteraad van JSA. Neem asseblief kennis van besluite wat geneem is en versprei na onderskeie klubs. Enige navrae in verband met besluit kan deurgegee word na die Uitvoerende Beampte
Die Raad voel dat die moontlikheid ondersoek moet word dat streke wel ‘n klein hoeveelheid skeie, passers en penne op voorraad aanhou. Daar is al verskillede tipe skeie beskikbaar, goedkoper sowel as duurder skeie, wat almal goedgekeur is deur die IJF. Ondersoek sal ingestel word na pryse van die onderskeie items om die deur te gee na die streke. Die idee is dat toerusting veral op die platteland meer beskikbaar is vir jukskeispelers en dalk nuwe spelers. Ons sal graag u insette wil kry in die verband.
Daar word beplan vir ’n borge aand in elke streek. Die doel van die geleenthede is om jukskei bekend te stel aan huidige en toekomstige borge in elke streek. Elke streek sal dus die geleentheid kry vir die reel vir so’n byeenkoms in samwerking van die Direkteur Bemarking – Erik Strauss - en kan dalk net die deure oopmaak vir toekomstige finansiële hulp vir die streek.
Ten einde so ‘n geleetheid aan te bied word die volgende inligting van u verwag:
Die TAFISA World Congress word gehou in Turkey van 10-14 November 2011. Die IJF het ‘n uitnodiging ontvang om die kongres by te woon ten einde die geleentheid te kry om as Jukskei te affilieer. Affiliasie by TAFISA kan geweldige voordele inhou vir jukskei in die toekoms waarvan finansiële hulp vir ontwikkeling maar een is. Die koste beloop ongeveer N$20 000 wat verblyf, etes en die vliegkaartjie insluit. Ongelukkig sal die koste uit eie sak voorsien moet word. Persone wat belangstel moet asb hulle name deur gee aan Erik Strauss voor of op 12 Augustus 2011. Laat registrasie het tot gevolg dat die koste effens sal vergroot. As al die name by Erik is sal bestuur die sifting doen.
Wil tog ‘n versoek rig dat u aandag sal gee aan die onderskeie punte en veral waar datums van terugvoering verwag word.
Wouter Strauss
DIREKTEUR ADMIN EN FINANSIES
NAMIBIA JUKSKEI