RAAD :   Kennisgewings / Omsendbriewe

Jukskei - Namibia Jukskei sport streek in Namibia
  Namibië Bestuur blad

Kennisgewing
10 Aug 2011

Junior Nominasie
9 Aug 2011

TOEKENNING: JUNIOR PERSOONLIKHEID 2010/2011

AAN:

President: Namibië Jukskei
NJ Bestuur
NJJV Bestuur
Streek: Noorde
Streek: Sentraal
Streek: Weste
Skole Verteenwoordigers
Junior ouers

Die Namibiese Junior Jukskei Vereniging wil graag bogenoemde toekenning maak tydens die Coen Brand Toernooi van 15 Oktober 2011.

Aangeheg vind u die volgende dokumente:

  • Die kriteria dokument wat die inhoud van die kriteria bevat vir die toekenning. Aflaai/Download - 85KB
  • Asook die nominasie vorm wat volledig ingevul moet word.Aflaai/Download - 187KB

Nominasies vanaf die onderskeie Streke en Klubs word ingewag en die voltooide nominasievorm kan dmv ‘n faks of e-pos aan die Voorsitter van die NJJV gestuur word nie later as Vrydag 30 September 2011.Versprei asseblief die kriteria en nominasie vorm aan almal wat nie ‘n e pos het nie.

Die NJJV wil dit egter benadruk dat so ‘n toekenning ‘n baie besondere prestasie is, en dus onder geen verpligting staan om ‘n toekenning te maak indien genomineerdes nie aan die krIteria vereistes voldoen nie.

Ons hoop en vertrou dat u die geleentheid sal gebruik om ons junior spelers wat ‘n besondere bydrae gelewer het die afgelope seisoen te nomineer vir hierdie besondere prestasie. Slegs ‘n nominasie gee al erkenning tot ‘n bydrae.

Sterkte met u nominsasies.

Erik Strauss





Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia