NUUS : Juniors
Namibië Juniors 2011
Dogtors onder 16, streek wenners
Schalk en Jannie, beste spelers in die toets onder 19 seuns
Namibië het met 3 spanne en 7 dubbels spanne aan die kampioenskap deelgeneem. Die span is vergesel met 3 afrigers, 3 spanbestuurders, en ‘n hoof span bestuurder.
Die kinders het hulle goed van hulle taak gekwyt en goeie jukskei is gespeel tydens die toernooi, die Namibiers het baie geleer en goeie ondervinding opgedoen. Die jaar was die reën minder tydens die wedstryde en minder wedstryde is onderbreek. Nat gras en sand het ook n groot rol in van die uitslae gespeel.
Vir die eerste keer het Namibië saam met Noord Kaap en Noordwes as n streek saam geval en is daar streek spanne gekies wat aan die streeks wedstryde deelgeneem het die Woensdag. Die Namibiërs het hulle plekke verdien in die streek spanne en daar was 7 van die 15 kinders in die A spanne opgeneem, ‘n baie goeie prestasie.
Saterdag, 10 Desember het die dubbels plaasgevind en Zuretha Horn en Beandri Van Der Merwe het derde geëindig in die dogters onder 16 afdeling. Die twee het koel en kalm gebly tydens al die wedstryde en goeie jukskei is gespeel.
Zuretha is ook gekies as kaptein van die dogters onder 16 streek span saam met Beandri Van Der Merwe en hulle span het goud gewen in die onder 16 afdeling. Die twee het hulle baie goed van hulle taak gekwyt.
Streek Spanne: Daar word 9 Namibiërs gekies vir die streek wedstryde asook 2 afrigters en 2 span bestuurders.
| Hoof Span Bestuurder: Erik Strauss | |
| Seuns Onder 13 | |
| Rudolf Horn ( Kaptein ) | |
| Dewet Strauss | |
| Afrigter:Elmarie Horn | |
| Dogtors onder 16 | |
| Zuretha Horn ( Kaptein ) | |
| Beandri Van Der Merwe | |
| Angelique Van Wyk( Reserwe ) | |
| Afrigter:Pieter Steenkamp | |
| Spanbestuurder: Andre Van Der Merwe | |
| Seuns onder 19 | |
| Jannie Coetzee | |
| Spanbestuurder: Gerhard Coetzee | |
Tydens die toetse tussen Suid Afrika en Namibië is baie goeie Jukskei gespeel en dit was naelbyt gewees tot die einde om 'n wenner te kon bepaal.
Die Namibiërs het hulle goed van hulle taak gekwyt en met harde werk kan hulle behoorlike kompetisie vir die Suid Afrikaners wees met die volgende kampioenskappe in Mei maand 2012 in Windhoek.
Graag wil die Namibiese Junior Jukskei Vereniging (NJJV) aan elkeen dankie sê wat bygedra het tot die sukses van die toer. Aan alle borge wat die kinders en die Junior Vereniging geborg het wil die NJJV net dankie sê. Sonder jul bydrae kon die toer nie so ‘n groot sukses gewees het nie.
Erik Strauss
Voorsitter
Namibiese Junior Jukskei Vereniging