NUUS : Juniors
|
Junior Jukskei |
Ellis van die ATKV saam met Moria 1 wat die wenners was van die Hoërskole.
Juniors wat aan die proewe deelgeneem het.
77 Kinders het deelgeneem aan die proewe. Die erns van die proewe kon op hulle gesigte gesien word en die senuwees het maar gepla, maar hulle het hulle goed van hul taak gekwyt.
Die kinders is in spanne opgedeel en elkeen moes 60 keer na die pen gooi. Daarna is hulle in spanne opgedeel en het teen mekaar gespeel.
Saterdag het die privaatskole liga plaasgevind en die keurders het ook n wakende ogie daaroor gehou. 4 Privaatskole (WAP, Elnatan, Moria en Gobabis Gimnasium) het teen mekaar gespeel met 13 spanne wat deelgeneem het in die Laerskool en Hoërskool kompetisie.
Die kompetisie was egter baie straf in die Laerskool Liga en daar moes gewag word dat die laaste skei in die laaste wedstryd gegooi word om n wenner te kon bepaal. Elnatan 1 het uiteindelik as die wenners uit die stryd getree met 32 punte. Elnatan 2 was in die tweede plek met 31,5 punte en WAP was derde met 31 punte.
By die Hoërskole Liga was Moria 1 eerste met 69,5 punte, Elnatan 4 tweede met 57 punte en Elnatan 2 in die derde plek met 52,5 punte.
Saterdagaand is die verskeie junior spanne aangekondig wat Namibië internasionaal in SA gaan verteenwoording. Hierdie kinders vertrek gedurende Desember na Kroonstad in Suid Afrika om aan die SA Junior Kampioenskappe deel te neem wat vanaf die 12de tot die 18de Desember 2009 plaasvind. Sien die nasionale spanne
WAP spannetjie by Privaatskole liga 2009
Elnatan Dogter span
Moira se dogters dink
Wenners van die Druten Gees Beker, Elnatan Laerskool