NUUS :   Juniors

  Juniors Vereniging blad

2012 SA Junior
Kampioenskappe

2011 SA Junior
Kampioenskappe

Sanlam Borgskap
2011

Skole Liga /
Proewe 2011

Christiaan Horn,Michael Horn (Kaptein),Pieter Steenkamp (Afrigter),Christie Horn ( Hoof Afrigter ),Derrick Strauss, Drian van Der Merwe en Jurie Engelbrecht.

Christiaan Horn, Michael Horn (Kaptein), Pieter Steenkamp (Afrigter), Christie Horn (Hoof Afrigter), Derrick Strauss, Drian van Der Merwe en Jurie Engelbrecht.

SA Junior Kampioenskappe te Kroonstad 2012

Namibië het deelgeneem met 3 spanne en 7 dubbels spanne aan die kampioenskap. Die span is vergesel met 3 afrigers, 3 spanbestuurders, ‘n hoofafrigter en ‘n hoofspanbestuurder.

Die kinders het hulle goed van hulle taak gekwyt en goeie jukskei is gespeel tydens die toernooi. Die Namibiërs het baie geleer en goeie ondervinding opgedoen. Die jaar was die reën minder tydens die wedstryde en minder wedstryde is onderbreek. Nat gras en sand het ook n groot rol in van die uitslae gespeel.

Namibië het saam met Noord Kaap en Noordwes as ‘n streek saamgeval en streek spanne was gekies wat aan die streeks wedstryde deelgeneem het die Woensdag. Die Namibiërs het hulle plekke verdien in die streek spanne en daar was 14 van die 17 kinders in die A en B spanne opgeneem, ‘n baie goeie prestasie.

Hoof Spanbestuurders: Erik Strauss en Christie Horn  
 
Seuns Onder 13
Rudolf Horn (Kaptein) (A span)
Dewet Strauss (A span)
SJ Louw (A span)
Afrigter: Michael Duvenhage
Hulle eindig 3de in die streeks wedstryde.
Corne Esterhuizen (B span)
 
Dogtors onder 16
Zuretha Horn (Kaptein) (A Span)
Julizma Alberts (A Span)
Elmarie Steenkamp (B Span)
Maria Duvenhage (B Span)
Zettie Van Wyk (B Span)
Afrigter: Pieter Steenkamp
 
Seuns onder 16
Jurie Engelbrecht (A Span). Hulle eindig twede
Derrick Strauss (B Span). Hulle wen die B afdeling
 
Seuns onder 19
Michael Horn (A Span). Hulle eindig tweede.
Drian Van Der Merwe (B Span)
 
Dogters onder 19
Beandri Van Der Merwe (A Span). Hulle eindig derde.
Afrigter: Elmarie Horn

Die toetse tussen Namibië en Suid Afrika het Donderdag middag plaas gevind. Net voor die toetse begin het, het dit saggies begin reën, daar kon slegs 5 gate voltooi word voordat die reën fluitjie geblaas het, die reën het nie opgehou nie. Die Namibiese seuns onder 19 span was 20 / 4 voor gewees toe die eindfluitjie geblaas het en het die toets 8 / 7 gewen, &lquo;n baie groot prestasie vir die Namibiërs. Die dogters onder 19 en die seuns onder 13 het die toetse 8 / 7 teen SA verloor.

  • Seuns onder 19: Nam wen 8/7
  • Dogters onder 19: SA wen 8/7
  • Seuns onder 13: SA wen 8/7

Die Namibiërs het hulle goed van hulle taak gekwyt en met nog harder werk kan hulle nog sterker kompetisie vir die Suid Afrikaners wees met die volgende kampioenskappe in September maand 2013 in Windhoek.

Graag wil die Namibiese Junior Jukskei Vereniging (NJJV) aan elkeen dankie sê wat bygedra het tot die sukses van die toer. Aan alle borge wat die kinders en die Junior Vereniging geborg het wil die NJJV net dankie sê, sonder jul bydrae kon die toer nie so n groot sukses gewees het nie.

Erik Strauss
Voorsitter
Namibiese Junior Jukskei Vereniging

 Sien Fotos





Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia