NUUS :   Algemene

  Sentraal Jukskei Bestuur blad

Trip Streek
November 2009

Sentraal Liga
November 2009

Noorde Opedag
Oktober 2009

Jukskei Sakeliga
Oktober 2009

Ontspanning

Ontspanning

Die wenners, Airite Canopies

Airite Canopies, wenners van die sakeliga saam met Christie Horn van Sentraal.

Tjek oorhandiging aan die Namibiese Kanker Vereniging en die Quinton Steele Botes Fonds

Tjek oorhandiging van N$20000-00 aan die Namibiese Kanker Vereniging en die Quinton Steele Botes Fonds

Sakeliga Jukskei dag in Windhoek.

Hierdie is ‘n jaarlikse instelling waar besighede deelneem aan die toernooi. Fondse wat ingesamel word gaan ten bate van Sentraal Jukskei, die Kanker Vereniging van Namibië en die Quinton Steele Botes fonds. ‘n Bedrag van N$20000-00 is ingesamel vir die twee fondse en die oorhandiging is gedoen na afloop van die wedstryde.

20 Spanne het ingeskryf vir die dag en daar was 80 spelers. Goeie jukskei is gespeel gedurende die dag en die gees onder die spelers was fantasties. Gedurende die dag is verskillende pryse weggegee, onder andere vir die persoon wat 2 penne in ‘n ry kon gooi, vir die beste gooi en natuurlik vir die snaakste gooi aksie.

Ongelukkig kon daar net een wenner wees en Airite Canopies het as wenners uit die stryd getree met Entrust Namibië in die tweede plek en Gochas in die 3de plek. NHP Namibia het die beker gewen vir die span met die beste gees.

Hierdie is ‘n jaarlikse instelling en Sentraal Jukskei wil graag vir WCE, Pointbreak Namibia en Watertite (Suid Afrika) wat as hoofborg op getree het, bedank, as ook elkeen wat deelgeneem het en ‘n bydrae gemaak het. Sonder julle as borge en spelers kon die dag nie ‘n sukses gewees het nie. Volgende jaar gaan daar meer spanne en spelers betrokke wees en kan daar kan al klaar uitgesien word na ‘n goeie dag op die bane.

Spanne wat die dag deelgeneem het:
Embroidery Solutions
Kolok Namibia
M&Z Motors 1
M&Z Motors 2
ATKV
Elite Consultants
Entrust Namibia
NHP
Point Break
Steenkamp Boerdery
WCE 1
WCE 2
WCE 3
Airite Canopies
Corporate Guarantee 1
Corporate Guarantee 2
Indraai Abbatoir
Market Traders Acadamy
Namibia Quality Beverages (Juice4U)

 Sien Fotos

Erik Strauss
Skakelbeampte
Sentraal Jukskei