NUUS :   Afrigters

  Afrigters Vereniging blad

Afrigters
Kliniek

Leerlinge met hulle bywonings sertifikate, learners with their attendance certificates

Speelreël Kursus en Afrigters Kliniek vir Juniors in Usakos gehou

Gerhard Coetzee en sy gesin gaan tuis te Bahnhof hotel van Jaco en Corrie Macdonald, terwyl afrigting plaasvind by die jukskei bane. Ons dank aan Jaco en Corrie Macdonald en Marina du Plessis vir die gasvryheid en reelings getref om die kursus en kliniek aan te bied

Die kliniek het op Vrydag aand 18 September 2009 met 8 juniors van Usakos begin.

Die kursus is op die gepaste manier geopen deur Pastoor du Plessis met Ďn pragtige boodskap vir die kinders. Daarna is die doel van die kursus en afrigtings kliniek aan die kinders verduidelik deur Gerhard Coetzee.

Opleiding vind plaas met Gerhard Coetzee as Hoofskeidsregter van NamibiŽ in beheer. Ek was ook baie gelukkig dat Anelda en Jannie daar was om `n handjie by te sit.

Ons was baie gelukkig om Ďn lekker groot saal vir ons self te hÍ om die kursus aan te bied want die wind was Vrydagaand baie onplesierig.

Die kinders was baie entoesiasties en het die kursus baie geniet, ons het Vrydagaand 20h20 klaar gemaak met die teoretiese gedeelte van die jukskei speelreŽls.

Die juniors het daarna Ďn braai gereŽl waar hulle vir Anelda en Jannie ook betrek het.

Saterdag oggend om 08h00 was al die juniors gereed om die teoretiese speelreŽls eksamen aftelÍ. Anelda was die toesighouer tydens die sessie en het haar goed van haar taak gekwyt met al die verduidelikings aan die juniors. Jannie het besluit dat hy ook kans sien vir die eksamen. Nadat die eksamen afgehandel is, is daar begin met die afrigtings kursus deur Gerhard terwyl Anelda begin het met die merk van die vraestelle.

Om 10h00 het Marina haar kom ontferm oor die kinders en vir hulle lekker worsbroodjies en koeldrank gebring, bly was die kinders vir die verversings en breek.

Nadat die kinders se innerlike versterk was,was dit tyd vir die praktiese gedeelte van die afrigtings kliniek, groot was die verbasing van die kinders om dit wat hulle so pas geleer het toe te pas en die verskil te kon weerneem in hulle eie spel en ook die hulp wat hulle nou kan verleen die een teenoor die ander, dit het die juniors terdeŽ geniet

`n Baie suksesvolle kliniek is Saterdag om 12:00 afgesluit met die uitdeel van sertifikate. Al die leerlinge het `n bywonings sertifikaat ontvang.

Spesiale dank aan Marina en Corrie vir wat hulle twee doen vir jukskei en vir die juniors in Usakos.

Ek glo dat jukskei baie baat gevind het met die afrigting en dat die kliniek weer in 2010 gehou moet word, maar dat die kursus en kliniek op alle vlakke aangebied moet word dwars oor die hele land vir alle spelers.

Jukskei groete
Gerhard Coetzee
Hoofskeidsregter van Namibias





Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia