NUUS :   Weste Streek

Weste Jukskei Streek
  Weste Bestuur blad

Omaruru Ope Dag
Aug 2014

Henties Ope Dag
Des 2010

Liga Wedstryd
Sept 2010

Olympus A, wenners van die A Afdeling

Hentiesbaai Ope Dag

Jukskeidag op Henties, 18 Desember 2010

Spanne het in die A-, B- en C- afdelings meegeding en die kompetisie was straf met spelers so vêr as die Limpopo-provinsie van die RSA, Windhoek, Rundu, Noordgrens, Swakop, Omaruru en Walvisbaai wat in aksie was.

Die dag was ’n groot sukses met dank aan die hoofborge Spar Henties, Bank Windhoek, FNB, ander besighede op Hentiesbaai en Swakopmund as ook Oom Jannie wat spel met die fluitjie gedikteer het. Heerlike middag etes is voorsien deur vroue van Hentiesbaai Jukskei klub, De Jager/Myburgh by die water gat en Rheinhart/Myburgh by die braai vuur.

Vir die eerste keer is ’n sport persoonlikheid vir die dag deur die spelers aangewys, naamlik Nellie Kotze van Windhoek. Die “Probeer Weer” wissel trofee is aan die Bars Konings oorhandig met die opmerking “’n Skoftel 23!” Die span wat dit volgende jaar moet verdedig is Saamstaan B1-span van Swakopmund.

Punte is as volg toegeken: vyf punte vir skof; drie punte vir voorloop met punte; twee punte vir naasvoorloper. Geen punte is toegeken vir skofte wat nie gespeel is nie.

Die wenners was as volg:

A-afdeling:

Henties A1: 48
Saamstaan A: 27
Henties A2: 23

B-afdeling:

Familie Steyls: 37
Henties B2: 28
Henties B1: 25

C-afdeling:

Familie Labuschagne: 47
Weermag C1: 30
Henties C1: 28

 Uitslae
 Fotos







Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia