NUUS :   Sentraal Streek

Sentraal Jukskei Streek
  Sentraal Bestuur blad

2012 Gobabis
Ope Dag

2011 SakeLiga
Pret Dag

2011 Sentraal
Prysuitdeling

2010 SakeLiga
Pret Dag

Agterosse, wenners van die B afdeling

Die Agterosse. VLNR: Fanie Oosthuizen (Voorsitter van Gobabis Jukskei Klub), B.Van Der Merwe met die wen trofee, L. Liebenberg, D. Shilumba en H. Kaulya

Die span met die beste gees vir die dag was die Touleiers gewees.

Die span met die beste gees vir die dag was die Touleiers gewees. VLNR: E. Andreas, G. Van Wyk, D.Strauss en H. Angula

Gobabis Ope Dag 2012

Spanne het in ‘n A en B afdeling meegeding en daar was 12 spanne gewees. Die spelers het hulle goed van hulle taak gekwyt, met die bane en sandputte wat bietjie nat was is goeie jukskei gespeel.

Die dag was ’n groot sukses met dank aan die borge, Bank Windhoek, Henco Engineering, Pottie Repairs, Die Plaas Kombuis en Country Meathouse op Gobabis. Heerlike ontbyt, middagetes en aandetes is voorsien deur die vroue van Gobabis Jukskei klub.

Daar word al klaar uitgesien na volgende jaar se ope dag wat weer in Januarie sal plaasvind.

Die wenners was as volg:

A afdeling:

1ste: Wawiele met 47 punte
2de: Speke met 43,5 punte
3de: Voorosse met 35 punte

B Afdeling:

1ste: Agterosse met 47,5 punte, hulle was ook die kampioen span vir die dag
2de: Touleiers met 44,5 punte
3de: Jukke met 43,5 punte

Die geesbeker is deur die Touleiers gewen, hulle was die span met die beste gees.

 Fotos




Jukskei sport, Namibia