NUUS :   Sentraal Streek

Sentraal Jukskei Streek
  Sentraal Bestuur blad

2012 Gobabis
Ope Dag

2011 SakeLiga
Pret Dag

2011 Sentraal
Prysuitdeling

2010 SakeLiga
Pret Dag

Elite Consultants - Jukskei SakeLiga 2010

Elite Consultants, wenners van die 2010 Sakeliga.

NHP2 - Jukskei Sakeliga 2010

NHP 2 - 2de in die Sakeliga.

Kolok 1 - derde

Kolok 1 - in die derde plek.

Jukskei "Pret" Dag, 16 Oktober 2010

Hierdie is 'n jaarlikse instelling waar besighede deelneem in span verband gedurende die dag. Fondse wat ingesamel word gaan ten bate van Sentraal Jukskei, die Kanker Vereniging van Namibië en die Quinton Steele Botes fonds.

Slegs 8 spanne met 32 spelers het ingeskryf vir die dag. Goeie jukskei is gespeel en die gees onder die spelers was fantasties. Gedurende die dag is verskillende pryse weggegee, soos vir die speler wat 2 penne in ‘n ry kon gooi, vir die beste gooi en natuurlik vir die snaakste gooi aksie.

Ongelukkig kon daar net een wenner wees en Elite Consultants het as wenners uit die stryd getree met NHP 2 in die tweede plek en Kolok 1 in die 3de plek. NHP 3 het die beker gewen vir die span met die beste gees. Die bes geklede spanne was WCE 2 en NHP 1.

Sentraal Jukskei wil graag vir elke span en speler bedank wat aan die jaarlikse sakeliga deelgeneem het en 'n bydrae gemaak het. Sonder julle as borge en spelers kon die dag nie 'n sukses gewees het nie. Volgende jaar gaan daar meer spanne en spelers betrokke wees en kan daar al klaar uitgesien word na 'n goeie dag op die bane.

Spanne wat die dag deelgeneem met hulle uitslae:

  1. Elite Consultants met 131 punte
  2. NHP 2 met 118 punte
  3. Kolok 1 met 106 punte
  4. WCE 2 met 108 punte
  5. WCE 1 met 104 punte
  6. NHP 1 met 79 punte
  7. NHP 3 met 71 punte
  8. Kolok 2 met 43 punte








Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia