NUUS :   Raad

Jukskei - Namibia Jukskei sport streek in Namibia
  Namibië Bestuur blad

2017 BC
Toernooi

Spanne: SA Senior
Kampioenskap 17

2015 SA Seniors
Kampioenskappe

2015 SA Senior Kampioenskappe

2015 SA Senior Kampioenskappe

2015 SA Senior Kampioenskappe

Baie dankie aan JSA vir julle gasvryheid en baie geluk met 'n suksesvolle aanbieding van die 2015 SA Senior Kampioenskap. Ons Namibiers het dit baie geniet om deel van die toernooi te kon wees en sien al klaar uit na volgende jaar, doen voort met julle goeie en harde werk. Goeie vriendskappe is die week gemaak.

Baie geluk ook aan Japie Dreyer en Jurie Willem Engelbrecht met julle silwer medalje in die onder 30 dubbels afdeling. Geluk ook aan Ina Dreyer en Gieliana Boshoff met julle silwer medalje in die senior vroue dubbels afdeling.

Baie geluk aan die Pikkie Uys span wat 3de ge-eindig het, ons is trots op julle almal.

Jurie Engelbrecht, baie geluk met jou 2 trofees in die toetse, speler van die toets in die onder 30 asook in die senior toets.

Johan Viljoen, baie geluk met jou toekenning as speler van die toets in die veterane afdeling, julle 2 het dit verdien.

Baie dankie aan Gert Aggenbach en Boelie Thorburn vir julle harde werk en goeie insette gedurende die week, baie dankie aan elke speler vir julle goeie dissipliene en goeie sportmanskap, wees trots op julle self.

Baie dankie Koekoes Aggenbach vir jou hulp gedurende die week, ons wardeer dit so baie.

 Uitslae
 Fotos



Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia