Argief: Nuus / Archive: News

2013

Coen Brand, Skole Liga     Hoefyster Toernooi, Amerika     SA Senior Jukskei Kampioenskappe    

2012

Sentraal Streeks Kampioenskappe     Ope Jukskei Kampioenskappe 2012     Senior Kampioenskappe     B&C Toernooi    

2011

Horseshoe Pitchers     Jukskei Sakeliga     B&C Toernooi    

2010

SA Junior Kampioenskappe     Jukskei Sakeliga     Noorde Streeks Kampioenskappe     Coen Brand Dag     Meesters Toernooi     Sentraal Trips     Sanlam Borgskap     Junior Proewe     Junior Kampioenskappe     Afrigtings Kliniek     Mei Maand Toernooi     Senior Kampioenskappe     Streeks Kampioenskappe     B&C Toer    
Jukskei spel

B & C Toer, Kroonstad

B & C Toernooi, Kroonstad, SA

 

B & C Toer

Daar was 'n mans span in die B afdeling, 'n veterane span wat ook in die B afdeling was, 2 vroue spanne in die vroue afdeling en 2 gemengde spanne in die C afdeling.

Die spelers het hulle goed van hulle taak gekwyt en die week baie geniet. Almal het goeie jukskei gespeel ten spyte van die sterk kompetisie.

In die Veterane en Mans B afdeling het ons veterane gesukkel met die sterk kompetisie wat daar was en het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die mans B span het n algehele derde plek gekry en 'n brons medalje huis toe gebring.

In die vroue afdeling het al twee vroue spanne in een afdeling mee geding en die Dames C 1 het n 7de plek gekry en Dames C2 Ďn 8ste plek gekry uit 13 spanne.

By die gemengde spanne was daar ook slegs een afdeling en die kompetisie was baie sterk gewees maar ten spyte van dit was die spangees reg gewees en almal het hulle beste gegee. Ons C1 span het 10de geeindig en die C 2 span laaste uit 12 spanne uit.

Namibië het algeheel 5de geeindig en in die Mans B en Mans C was Namibië 3de. Die gees beker was NamibiŽ die wenners gewees.

Vertoonwedstryde

Die Donderdag is die vertoonwedstryde gespeel. ReŽn het verhoed dat die volle tyd gespeel word en slegs 45 minute is gespeel. Die mans het verloor teen SA asook die veterane maar die dames het gelykop gespeel.

Namibiese span, Kroonstad

 

Vrouens, Kroonstad

 

Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia