Argief: Nuus / Archive: News

2013

SA Senior Jukskei Kampioenskappe    

2012

Sentraal Streeks Kampioenskappe     Ope Jukskei Kampioenskappe 2012     Senior Kampioenskappe     B&C Toernooi    

2011

Horseshoe Pitchers     Jukskei Sakeliga     B&C Toernooi    

2010

SA Junior Kampioenskappe     Jukskei Sakeliga     Noorde Streeks Kampioenskappe     Coen Brand Dag     Meesters Toernooi     Sentraal Trips     Sanlam Borgskap     Junior Proewe     Junior Kampioenskappe     Afrigtings Kliniek     Mei Maand Toernooi     Senior Kampioenskappe     Streeks Kampioenskappe     B&C Toer    
Namibia Senior Vrouens span.

Namibië Senior Vrouens wen die toets 8/7 teen Suid Afrika VLNR: Dries Verwey (span bestuurder), Anelda Coetzee, Hannelie Van Ryhn, Ina Koch, Gieliana Boshoff (Kaptein) en Anke Gudde.

Pikkie Uys Afdeling Vroue A2

Pikkie Uys Afdeling Vroue A2: Namibië eindig eindig 3de VLNR: Hannelie Van Ryhn, Elize Duvenhage, Rina Van Staden en Elize Steynberg.

SA Senior Kampioenskappe, Kroonstad

Namibië neem deel met 6 spanne en 16 dubbels spanne aan die kampioenskap.

Maandag, 1 April het die dubbels plaas gevind en Namibië het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en kom met 'n klomp medaljes huis toe.

In die geslote Onder 30 Vroue Afdeling verower Namibië die goue medalje met Anke Gudde en Anelda Coetzee. By die geslote Veterane Mans kry At Dreyer en Fanna van Wyk die silwer medalje. In die Ope Veterane Gemeng eindig Thys Smit en Ina Koch 2de. Gerhard Coetzee en Charles Fortuin eindig ook tweede in die Ope Veteran Mans. Dries Verwey en Kat Steenkamp eindig 3de in die Ope Mans Afdeling.

Dit was 'n taai en moeilik toernooi gewees en die kompetisie was baie sterk gewees maar weereens het Namibië gewys daar gaan nie oor hulle geloop word nie. Goeie jukskei is gespeel en die sportmangees onder die spelers was uitmuntend.

Na die week se toernooi het Namibië se vroue span in die Pikkie Uys Vroue A2 afdeling 3de geëindig, ook 'n goeie prestasie vir Namibië.

In die KopersbonD Mans A1 eindig Namibië 12de uit die 16 spanne. In die Sanlam mans A2 afdeling eindig Namibië 7de uit die 15 spanne. In die Unie Winkels Vroue A1 afdeling eindig Namibië 10de uit die 15 spanne. In die Slanghoek Veterane A2 eindig Namibië 7 uit die 15 spanne.

Namibië word ingedeel saam met Noord Kaap en Noordwes as 'n streek en is daar streeks spanne gekies wat aan die streeks wedstryde deelgeneem het die Donderdag. Verskeie spelers van Namibië word gekies in die streeks spanne. Anelda Coetzee was in die Onder 30 streeksspan en hulle span het derde geëindig. Die volgende spelers van Namibië word ook in die streeksspanne opgeneem. Hulle is At Dreyer, Gieliana Boshoff, Francois Boshoff, Japie Dreyer, Elize Steynberg, Ina Koch en Ina Louw.

Die Namibiers het hulle plekke verdien in die streek spanne en hulle was goeie kompetisie gewees vir die ander streke.

Vrydag oggend vroeg het die toetse tussen Namibië en Suid Afrika plaas gevind. Vir 75 minute was die konsentrasie goed en weereens is goeie jukskei gespeel. Die Namibiese Senior vrouens wen 'n senutergende toets met 8 / 7 teen Suid Afrika.

Die toets uitslae is as volg:
Namibië Senior Mans verloor 10 / 5 teen SA
Namibië Senior Vroue wen 8 / 7 teen SA
Namibië Veterane Mans verloor 10 / 5 teen SA
Namibië Veterane Vrouens verloor 15 / 0 teen SA

Die Namibiers het hulle goed van hulle taak gekwyt en almal kan trots wees op die spelers en bestuur. Graag wil Namibië Jukskei (NJ) aan elkeen dankie sê wat bygedra het tot die sukses van die toer. Aan alle borge wat die spelers geborg het wil NJ net dankie sê. Sonder jul bydrae kon die toer nie so 'n groot sukses gewees het nie.





Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia