Argief: Nuus / Archive: News

2013

Coen Brand, Skole Liga     Hoefyster Toernooi, Amerika     SA Senior Jukskei Kampioenskappe    

2012

Sentraal Streeks Kampioenskappe     Ope Jukskei Kampioenskappe 2012     Senior Kampioenskappe     B&C Toernooi    

2011

Horseshoe Pitchers     Jukskei Sakeliga     B&C Toernooi    

2010

SA Junior Kampioenskappe     Jukskei Sakeliga     Noorde Streeks Kampioenskappe     Coen Brand Dag     Meesters Toernooi     Sentraal Trips     Sanlam Borgskap     Junior Proewe     Junior Kampioenskappe     Afrigtings Kliniek     Mei Maand Toernooi     Senior Kampioenskappe     Streeks Kampioenskappe     B&C Toer    
Namibie Senior Vrouens,wen die toets 8/7 teen Suid Afrika

Namibië Senior Vrouens wen die toets 8/7 teen Suid Afrika
VLNR: Dries Verwey (spanbestuurder), Ina Koch, Anke Gudde, Gieliana Boshoff (Kaptein) en Anelda Coetzee

Gerhard Coetzee (Namibie) en Danie Stoltz (Suid Afrika) was die twee skeidsregters tydens die toetse.

Gerhard Coetzee (Namibië) en Danie Stoltz (Suid Afrika) was die twee skeidsregters tydens die toetse.

SA Senior Jukskei Kampioenskappe te Kroonstad 2012

Saterdag, 31 Maart, het die dubbels plaasgevind en Namibië het hulle goed van hulle taak gekwyt. In die vroue afdeling verower Namibië die silwer medalje. Gieliana Boshoff en Anke Gudde het baie goeie jukskei gespeel en het die medalje verdien.

Maandag oggend het die toernooi begin en die kompetisie was sterk gewees maar weereens het Namibië gewys daar gaan nie oor hulle geloop word nie. Goeie jukskei is gespeel en die sportmangees onder die spelers was uitmuntend.

Namibië word ingedeel saam met Noord Kaap en Noordwes as ’n streek en is daar streeks spanne gekies wat aan die streeks wedstryde deelgeneem het die Woensdag. Die senior vrouens wen goud met Gieliana Boshoff en Anke Gudde van NamibiŽ in die span. Die veterane vroue span wen ook goud met Ina Koch van Namibië in die span.

Die Namibiers het hulle plekke verdien in die streek spanne en hulle was goeie kompetisie gewees vir die ander streke. 11 Van die 30 spelers in die streeks spanne was Namibiers en 3 ( Bully Thorburn, Dries Verwey en Gerhard Coetzee) van die 6 span bestuurders was Namibiers. ’n Baie goeie prestasie.

Donderdag oggend vroeg het die toetse tussen Namibië en Suid Afrika plaasgevind. Vir 75 minute was die konsentrasie goed en weereens is goeie jukskei gespeel. Die Namibiese Senior vrouens wen ’n senutergende toets met 8 / 7 teen Suid Afrika, wat ’n goeie prestasie omrede hulle ook vir Suid Afrika laas jaar in Windhoek gewen het.

Die toets uitslae is as volg:

Namibië Senior Mans verloor 8 / 7 teen SA
Namibië Senior Vroue wen 8 / 7 teen SA
Namibië Veterane Mans verloor 13 / 2 teen SA
Namibië Veterane Vrouens verloor 9,5 / 5,5 teen SA

Die Namibiers het hulle goed van hulle taak gekwyt en almal kan trots wees op die spelers en bestuur. 1 Mei 2012 kom toer Suid Afrika hier in Windhoek en vind die Namibiese Prestige Ope Jukskei Kampioenskappe plaas, goeie jukskei word die week verwag.

Graag wil Namibië Jukskei (NJ) aan elkeen dankie sê wat bygedra het tot die sukses van die toer. Aan alle borge wat die spelers geborg het wil NJ net dankie sê. Sonder jul bydrae kon die toer nie so ’n groot sukses gewees het nie.





Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia