Argief: Nuus / Archive: News

2013

Coen Brand, Skole Liga     Hoefyster Toernooi, Amerika     SA Senior Jukskei Kampioenskappe    

2012

Sentraal Streeks Kampioenskappe     Ope Jukskei Kampioenskappe 2012     Senior Kampioenskappe     B&C Toernooi    

2011

Horseshoe Pitchers     Jukskei Sakeliga     B&C Toernooi    

2010

SA Junior Kampioenskappe     Jukskei Sakeliga     Noorde Streeks Kampioenskappe     Coen Brand Dag     Meesters Toernooi     Sentraal Trips     Sanlam Borgskap     Junior Proewe     Junior Kampioenskappe     Afrigtings Kliniek     Mei Maand Toernooi     Senior Kampioenskappe     Streeks Kampioenskappe     B&C Toer    
Erik Strauss (Voorsitter van die NJJV), Angrid Shimuafeni (Sanalm – Bestuurder Bemarking en kommunikasie) en Retha Horn (Sekretaresse van die NJJV)

Erik Strauss (Voorsitter van die NJJV), Angrid Shimuafeni (Sanalm – Bestuurder Bemarking en Kommunikasie) en Retha Horn (Sekretaresse van die NJJV)

Sanlam Borgskap

Dit is die 2de jaar wat Sanlam as hoofborg optree vir die juniors en dit word opreg waardeer. Die Namibiese junior span vertrek die 9de Desember 2010 na Kroonstad in Suid Afrika om aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe deel te neem en sal weer die 18de Desember terug wees by die huis.

Namibië het in Desember 2009 met 6 spanne, 14 dubbel spanne en 7 beamptes aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe deelgeneem. Dit was die grootste groep nog gewees. Namibië het hulle goed van hulle taak gekwyt.

  • Die onder 19 dogters het die toets reeks teen Suid Afrika gewen.
  • In die dubbels afdeling het ons 'n derde plek met Jannie Coetzee en Japie Dreyer behaal.
  • In die plaat afdeling het ons onder 13 seuns derde geëindig as ook die onder 16 dogters.
  • Namibië (seuns en dogters ) het 7de uit 18 spanne geëindig
  • Namibië het ook die trofee vir die beste streek tydens die toernooi ontvang

Die NJJV stuur hierdie jaar 'n groter groep af na Kroonstad - 6 spanne met reserwes, 6 afrigters en 3 span bestuurders. In die dubbels afdeling is daar 15 spanne wat ingeskryf het. Almal is baie opgewonde en sien baie uit na die kampioenskappe.

Junior jukskei in Namibië is baie gesond, alhoewel harde werk voorlę vir die nuwe bestuur om die groep nog groter en sterker te kry. Fondse speel maar altyd 'n groot rol in die sport maar met die nodige ondersteuning en borge soos Sanlam is junior Jukskei besig om te groei in Namibië.






Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia