Argief: Nuus / Archive: News

2013

Coen Brand, Skole Liga     Hoefyster Toernooi, Amerika     SA Senior Jukskei Kampioenskappe    

2012

Sentraal Streeks Kampioenskappe     Ope Jukskei Kampioenskappe 2012     Senior Kampioenskappe     B&C Toernooi    

2011

Horseshoe Pitchers     Jukskei Sakeliga     B&C Toernooi    

2010

SA Junior Kampioenskappe     Jukskei Sakeliga     Noorde Streeks Kampioenskappe     Coen Brand Dag     Meesters Toernooi     Sentraal Trips     Sanlam Borgskap     Junior Proewe     Junior Kampioenskappe     Afrigtings Kliniek     Mei Maand Toernooi     Senior Kampioenskappe     Streeks Kampioenskappe     B&C Toer    
Kandidate as nuwe afrigers

Kandidate as nuwe afrigers

Kandidate as nuwe afrigers

Spelers en Afrigters

Jukskei Afrigters Kliniek

Kliniek vir spelers en Klub vlak: Afrigterskursus

20 Kinders was deel gewees van die kliniek vir spelers en 10 persone het die vlak 1 skool / klub afrigting gedoen. Melanie Jacobs en Buks van den Berg van Jukskei Suid Afrika het die kursus aangebied.

Dit was 3 vol dae gewees op Jukskei Park en na die kursus was elkeen baie positief en opgewonde gewees oor die resultate. Die spelers is geleer van die ontstaan van Jukskei, as ook Jukskei as sport. Die 5 stappe om te begin speel is geleer, die verskeidenheid houe wat uitgevoer kan word as ook die telling. Daar is ook gekyk na die rels van Jukskei.

Op die bane is die prakties gedoen en elkeen wat daar was het baie geleer en verbeter in die drie dae. Melanie en Buks het die spelers aangemoedig tot die regte skei gegooi is. Tussendeur is ook speletjies gespeel net om die konsentrasie n bietjie te verslap en om dinge interessant te maak.

Die aspirant afrigters het geleer oor afrigting, die rol as afrigter, die eienskappe van n goeie afrigter, die proses van afrigting, die eienskappe van die kleuter, middle kinderjare en adolessensie te kan onderskei, invloed van 'n ouer, kenmerke van die tipe verhoudings te bespreek, kommunikasie vaardighede toe te pas, motivering te kan beredeneer en motoriese beheer te kan omskryf.

Die afrigters het ook die volgende geleer; n speler bekend te stel aan jukskei, om n beginner staps gewys tot die gooi tegniek te kan begelei, afrigting te kan gee om n dwars skeite kan gooi, om fout analise te kan doen, om n speler te kan toerus met die gepaste skeie, 'n span volgens kenmerkende eienskappe saam te stel, taktiese aksie planne met n span te kan beplan en spelers te kan inlig oor beserings.

Saterdag oggend het die praktiese evaluering van die afrigters plaasgevind en die teoretiese eksamen sal in Oktober 2010 plaasvind.

Namibi Jukskei bedank graag vir Melanie en Buks vir die suksesvolle kursus wat aangebied is. Hierdie kursus sal n instelling word op Jukskei Namibi se jaarlikse kalender.










Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia