Argief: Nuus / Archive: News

2013

Coen Brand, Skole Liga     Hoefyster Toernooi, Amerika     SA Senior Jukskei Kampioenskappe    

2012

Sentraal Streeks Kampioenskappe     Ope Jukskei Kampioenskappe 2012     Senior Kampioenskappe     B&C Toernooi    

2011

Horseshoe Pitchers     Jukskei Sakeliga     B&C Toernooi    

2010

SA Junior Kampioenskappe     Jukskei Sakeliga     Noorde Streeks Kampioenskappe     Coen Brand Dag     Meesters Toernooi     Sentraal Trips     Sanlam Borgskap     Junior Proewe     Junior Kampioenskappe     Afrigtings Kliniek     Mei Maand Toernooi     Senior Kampioenskappe     Streeks Kampioenskappe     B&C Toer    
Senior Namibia mans span

Senior Namibia mans span, Willie Hanekom, spanbestuurder Kroonstad, Kiewiet Dreyer, Christie Horn, spanbestuurder Windhoek, Francois Boshoff, Japie Dreyer en Christiaan Cilliers.

Mei Maand Toernooi by Jukskei Park

Goeie jukskei is oor die 4 dae gespeel en Vrydag was die hoogtepunt met die toetse tussen Namibië en Suid Afrika.

Die kompetisie was baie sterk gewees die hele week, elke jukskei speler het hom of haar goed van hul taak gekwyt en goeie sportmangees is gehandhaaf tussen die spelers.

Namibië se mans span het die toets gewen teen Suid Afrika en so ook die reeks in hulle guns beklink, die 2de keer in die geskiedenis wat dit gebeur.

Die wenners met uitslae is as volg:

In die A-afdeling:
SA Veterane Mans 121,5
SA O/30 Mans 108,5
SA Senior Mans 89
In die B-afdeling:
SA O/16 Dogters 97,5
SA O/16 Seuns 95
SA Juniors res 93
In die C-afdeling:
SA O/13 Seuns 100
SA O/13 Dogters 96
Nam O/16 Seuns 78

In die toetse tussen Namibië en Suid Afrika in die junior afdeling het dit nie so goed met Namibië gegaan nie. SA het in die O/13, O/16 en in die O/19 afdeling skoonskip gemaak in die seuns en dogters afdelings. Harde werk wag op die juniors maar hulle het goeie jukskei gespeel en sal Desember 2010 hulle goed van hulle taak kwyt wanneer hulle aan die Junior kampioenskappe gaan deelneem in Kroonstad, Suid Afrika.

In die senior toetse was die kompetisie ook baie sterk gewees, die Namibiese Senior mans span het die toets teen SA 8 / 7 gewen en so ook die reeks beklink. Die Senior SA Vroue span het Namibie 9,5 / 5,5 gewen.

In die O/30 afdeling het die SA mans 13 / 2 gewen en die SA vroue 8 / 7 gewen teen Namibië.

In die Veterane Vroue afdeling was Suid Afrika die wenners gewees met 12,5 / 2,5 en so ook in die mans afdeling met 8 / 7.

Graag wil die Namibiese Jukskei raad elkeen bedank wat 'n bydrae gemaak en gehelp het tydens die toernooi. Met julle hulp was die toernooi 'n groot sukses gewees.

Vir enige navrae of belangstelling kan die skakelbeampte van Sentraal Jukskei, Erik Strauss gekontak word by 081 122 2743.





Follow us on Twitter
Jukskei sport, Namibia